Godsdiensbeleid

Aanhef

Hierdie dokument is die godsdiensbeleid van en reëls vir godsdiensbeoefening by Laerskool Park. Die godsdiensbeleid en -reëls erken die fundamentele waardes wat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996; die toepaslike bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 (“die Skolewet”), en ander tersaaklike provinsiale wetgewing vervat word.

Artikel 15(1) van die Grondwet bepaal dat elke persoon die reg het op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.

Artikel 15(2) bepaal voorts dat godsdiensbeoefening by staats- of staatsondersteunde instellings kan geskied, mits:

  1. sodanige beoefening die reëls nakom wat deur die tersaaklike openbare owerheid neergelê is;
  2. dit op ʼn billike grondslag geskied en
  3. bywoning daarvan vry en vrywillig is.
 

Laerskool Park erken dat (a) bogenoemde regte nie absoluut is nie en deur artikel 36 van die Grondwet beperk kan word en (b) sodanige regte inderdaad beperk is deur ’n hofbevel wat dit as strydig met artikel 7 van die Skolewet verklaar het vir ’n openbare skool om (i) die skool te bevorder of deur sy personeel te laat bevorder as ’n instansie wat ’n enkele of hoofsaaklik ’n enkele godsdiens tot uitsluiting van ’n ander aanhang en (ii) hom uit te gee as ’n instansie wat die belange van enige bepaalde godsdiens bo ’n ander bevorder.

Daarbenewens erken die skool dat regters van die hoogste hof in die land soos volg bevind het:
prayers that may be most appropriate for a particular school, to have that decision taken in an equitable manner applicable to all schools and to oblige them to do so in a way which does not give rise to indirect coercion of the ‘non-believers’ …

  • “[F]or equitable offerings … education authorities [should] … allow schools to offer the prayers that may be most appropriate for a particular school, to have that decision taken in an equitable manner applicable to all schools, and to oblige them to do so in a way which does not give rise to indirect coercion of the ‘non-believers’ …
  • Requiring that government act even-handedly does not demand a commitment to a scrupulous secularism, or a commitment to complete neutrality … [F]or example, in the context of religious observances at local schools, the requirement of equity may dictate that the religious observances held should reflect, if possible, the religious beliefs of that particular community or group.”
 

Hoewel die Nasionale Godsdiensbeleid nie-bindend is, het die skool die inhoud daarvan in ag geneem in die ontwikkeling van hierdie skoolspesifieke beleid en reëls.

Artikel 7 van die Skolewet verleen aan die beheerliggaam die mag om die reëls te bepaal ingevolge waarvan godsdiensbeoefening moet geskied. Hierdie mag is onderworpe aan die Grondwet en enige ander toepaslike provinsiale wetgewing. Godsdiensbeoefening moet op ʼn gelyke grondslag geskied en opvoeders en leerders se bywoning moet vrywillig wees.

Op grond van bogenoemde het die beheerliggaam van Laerskool Park hierdie godsdiensbeleid en -reëls met behoorlike inagneming van die godsdienstige samestelling van die skool en die praktiese uitvoerbaarheid van voorsiening vir verskillende geloofsgemeenskappe saamgestel.

Die skool verwelkom alle leerders, ongeag hulle individuele godsdienstige oortuigings en sal geleenthede probeer skep vir die beoefening van sodanige oortuigings op alle redelike tye, hetsy as ’n groep of op ’n individuele grondslag, soos dieetvereistes of die bywoning van godsdiensbeoefening buite die skool.

Laerskool Park onderneem om toe te sien dat elke verteenwoordigende godsdiens by die skool op gelyke grondslag hanteer en godsdienstige diversiteit bevorder word.

Hoewel die Nasionale Godsdiensbeleid nie-bindend is, het die skool die inhoud daarvan in ag geneem in die ontwikkeling van hierdie skoolspesifieke beleid en reëls.

Artikel 7 van die Skolewet verleen aan die beheerliggaam die mag om die reëls te bepaal ingevolge waarvan godsdiensbeoefening moet geskied. Hierdie mag is onderworpe aan die Grondwet en enige ander toepaslike provinsiale wetgewing. Godsdiensbeoefening moet op ʼn gelyke grondslag geskied en opvoeders en leerders se bywoning moet vrywillig wees.

Op grond van bogenoemde het die beheerliggaam van Laerskool Park hierdie godsdiensbeleid en -reëls met behoorlike inagneming van die godsdienstige samestelling van die skool en die praktiese uitvoerbaarheid van voorsiening vir verskillende geloofsgemeenskappe saamgestel.

Die skool verwelkom alle leerders, ongeag hulle individuele godsdienstige oortuigings en sal geleenthede probeer skep vir die beoefening van sodanige oortuigings op alle redelike tye, hetsy as ’n groep of op ’n individuele grondslag, soos dieetvereistes of die bywoning van godsdiensbeoefening buite die skool.

Laerskool Park onderneem om toe te sien dat elke verteenwoordigende godsdiens by die skool op gelyke grondslag hanteer en godsdienstige diversiteit bevorder word.

Woordomskrywing

‘Godsdiens’ verwys na die omvattende en fundamentele oriëntasies in die wêreld, met bepaalde verwysing na heilige, spirituele en nie-sekulêre oortuigings; vereis toewyding; sluit georganiseerde vorme van geloof en sekere wêreldbeskouinge in, en word ook kollektief gebruik om na daardie organisasies te verwys wat opgerig is ten einde hierdie oortuigings te beskerm en te bevorder.

‘Godsdiensteonderrig’ verwys na ʼn kurrikulêre program met duidelike en ouderdomsverwante opvoedkundige doelwitte wat vir die onderrig en leer van godsdiens, godsdienste en godsdienstige diversiteit in Suid-Afrika en die wêreld deur die Departement van Onderwys voorgeskryf word. Die studie van godsdiens moet ten doel hê om herkenbare opvoedkundige doelwitte te bereik wat in ooreenstemming is met die doelwitte en uitkomste van ander leerareas, en programme in Godsdiensteonderrig moet, soos ander leerareas in die kurrikulum, tot die ontwikkeling van grondliggende waarnemings-, luister-, lees-, skryfen denkvaardighede bydra. ‘Godsdiensonderrig’ verwys na ʼn program met inligting oor ʼn bepaalde godsdiens wat ten doel het om navolging van daardie bepaalde godsdiens te bevorder. Die beheerliggaam beskou die huisgesin en geloofsgemeenskap as die hoofvoorsieners van godsdiensonderrig. Die skool is ʼn opvoedkundige instelling wat nie een godsdiens bo ’n ander bevorder nie, en dus maak godsdiensonderrig nie deel uit van die formele skoolprogram nie. Die skool sal egter wél sy geriewe vir sodanige programme beskikbaar stel, met dien verstande dat godsdiensonderrig nie met die formele opvoedkundige
doelwitte van die skool inmeng nie.

‘Godsdiensbeoefening’ dui op daardie aktiwiteite of optrede wat aan die waardes van ʼn bepaalde geloof of oortuiging uiting gee, en sluit onder andere bidure, voorlesing uit heilige geskrifte, kleredrag en diëte in. Godsdiensbeoefening kan op die volgende maniere geskied:

  • Vrywillige, openbare geleenthede waar die skool se geriewe vir die doel van godsdiensbeoefening gebruik word
  • Vrywillige geleenthede (in skooltyd) deur die skoolgemeenskap (leerders en opvoeders)
  • Vrywillige geleenthede in gewone of ander pouses by die skool

Godsdiensbeoefening

Omdat Laerskool Park die waardes in die Handves van Regte erken en eerbiedig, verseker die beheerliggaam dat die beoefening van alle godsdienste gerespekteer en so ver redelikerwys uitvoerbaar op ’n gelyke grondslag voor voorsiening gemaak sal word.

Opvoeders en leerders sal georganiseerde godsdiensbeoefening byeenkomste by die skool vrywillig kan bywoon. Die skool sal opvoeders of leerders geensins verplig om aan godsdienstige aktiwiteite deel te neem nie. Alternatiewe reëlings sal getref word vir toesig oor leerders wat nié die godsdiensbeoefening wil bywoon wat vir godsdienstige groeperinge aangebied word nie.

Godsdiensteonderrig sal ooreenkomstig die Nasionale Beleid oor Godsdiens en Onderwys geskied. Dié onderrig maak deel uit van die leerarea Lewensoriëntering. Die skool neem kennis dat die kurrikulum sy leerders aan ál die vernaamste godsdienste in Suid-Afrika blootstel.

Geen opvoeder sal verplig word om godsdiensteonderrig te gee nie.

Laerskool Park sal sy geriewe vir godsdiensbeoefening deur enige verteenwoordigende geloofsgroep in die skool beskikbaar stel. Sodanige beoefening mag slegs geskied terwyl ander godsdiensbeoefening ooreenkomstig die godsdiensbeleid plaasvind. Geen godsdiensbeoefening mag op die formele opvoedkundige doelwitte van die skool inbreuk maak nie, en alle godsdiensbeoefening is onderworpe aan voorwaardes wat die beheerliggaam kan oplê.

Die skool sal so ver dit redelikerwys uitvoerbaar is begrip en respek vir godsdienstige diversiteit bevorder en uitbou.

Deelname en klagtes

Die beheerliggaam nooi alle leerders en hulle ouers om die skoolhoof of die beheerliggaam te raadpleeg indien geen voorsiening gemaak word vir die beoefening van hulle spesifieke godsdienstige oortuigings in die skool nie. Die skoolbeheerliggaam sal so ver dit prakties uitvoerbaar is geriewe en geleenthede voorsien vir die beoefening van hierdie godsdienstige praktyke in dieselfde mate as dié wat vir ander godsdienste by die skool voorsien word. Die vasstelling van sodanige geleenthede sal geskied in oorleg met daardie leerders, ouers en die godsdienstige gemeenskappe waartoe hulle behoort.

Indien enige onderwyser, leerder en/of ouer ’n gewetensbeswaar het teen die beoefening van sekere godsdienstige praktyke in die skool, of voel dat deelname aan sekere praktyke nie vrywillig is nie, word hulle versoek om dit onder die beheerliggaam se aandag te bring.