Krieket

Krieket is een van vele sportsoorte wat met groot ywer by Laerskool Park aangebied word. Hierdie sport bied aan die spelers geleenthede om bo hul ouderdomsgroepe deel te neem en te ontwikkel.

‘n Kultuur word gekweek waar ons poog om die spelers aan te moedig om in die sport te presteer sodat daar ‘n geleentheid is vir insluiting in streekspanne en selfs dalk deelname op provinsiale vlak.

Ons doelwitte by al ons spanne

Gees

Die gewildheid en aanloklikheid van krieket lê daarin dat krieket nie net ‘n spel is wat binne ‘n stel tegniese reëls gespeel word nie, maar dat daar ‘n bepaalde kultuur en gees rondom die spel bestaan. Enige aksie of optrede wat indruis teen hierdie reëls en kultuur doen inderwaarheid afbreek aan die spel self. ‘n Suksesvolle en presterende krieketspan bestaan tog uit ‘n samehorige groep spelers, ouers, afrigters en bestuurders.

Laerskool Park bied afrigting in krieket as volg aan

Mini-krieket (o/7 tot o/9)

  • Die doel van mini-krieket is om die spel van krieket in sy eenvoudigste vorm aan jong leerders te bied en terselfdertyd genot in spel te verskaf.
  • ‘n Lewenslange fondasie vir die liefde vir krieket word gelê.
  • Selfvertroue word deur middel van sukses ontwikkel.
  • Basiese vaardighede soos kolfwerk, boulwerk, veldwerk en paaltjiewagterwerk word ontwikkel.

(o/11 en o/13 Krieket)

  • Harde bal krieket o/11 (113g), o/13 (135g)

Prestasies

2016 o/13
Eden-span

Matthew Golden
Divan Oosthuizen
Ryk Smit
Sampie Joubert

2016 o/13-B
Eden-span

Matthew Golden