OOV
Missie
- Om ‘n gees van ondersteuning, trots en entoesiasme te skep.
- Om die ouers en gemeenskap betrokke te kry by Laerskool Park.
- Om die skakel te wees tussen die ouers en die skool en sodoende beter samewerking kan verseker in die onderrig van ons kinders.
- Om die nodige fondse in te samel en so die skool te ondersteun sodat meer vir ons kinders gedoen kan word.
Doelwitte
- Lewer ‘n diens vir die skool se funksies.
- Loods fondsinsamelingsprojekte.
- Bevorder ouer, gemeenskap en onderwyserbetrokkenheid.
- Werk saam met die skool om leergeleenthede te skep.
2022 Komitee
Voorsitter
Onder-voorsitter
Tesourier
Sekretaresse
2022 Graadverteenwoordigers
Hier is ‘n opsomming van sommige projekte wat deur die OOV aangepak word:
Klerebank
Die skool se klerebank is ‘n projek van die OOV waar goeie 2de handse skoolklere aangehou word. Die klerebank beskik oor goeie kwaliteit tweedehandse klere, teen bekostigbare pryse.
Die klerebank is oop op Dinsdae vanaf 12:45 tot 13:45.
Indien u kind die jaar skoon uit hulle skoolklere gegroei het, skenk dit asseblief vir ons klerebank.
Enige donasies van skoolklere is baie welkom.
Pretstap
Die OOV bied Laerskool Park se jaarlikse pretstap aan.
Behalwe die pretstap, word verskeie pretaktiwiteite op die skool se sportterrein aangebied. Stalletjies met heerlike verversings sorg vir die honger en dors. Hierdie dag is voorwaar ‘n heerlike ontspandag vir onderwysers, ouers en kinders. Dis voorwaar ‘n hoogtepunt op die skoolkalender en ‘n dag wat niemand durf misloop nie!
Trollie-projek
Die trollie-projek word gedryf deur lootjieverkope. Elkeen wat ‘n lootjie koop staan ‘n kans om een van drie kruideniersware trollies, ter waarde van R3000,00 elk, te wen.
Ons is baie dankbaar teenoor die onderskeie borge, Mosselbaai Super Spar, MicFin Groepskema, Danabaai OK Minimark en die Spekboom Deli wat hierdie projek moontlik maak.