Prefekte
Prefekkamp
Hierdie kamp word jaarliks aan die begin van die jaar gehou. Tydens die kamp word verskeie aspekte van leierskap met die leerders aangespreek. Hulle pligte en verantwoordelikhede word uiteengesit; dinkskrums en werksessies word gehou.
Previous
Next
Graad 6-kamp
Die graad 6-leerders gaan jaarliks aan die einde van die derde kwartaal op ’n leierontwikkelingskamp.
Die graad 6’e kry soveel leiding en leer kommunikasievaardighede aan! Die goeddeurdenkte spanaktiwiteite is ALTYD vetpret waar leer en ontwikkel spelenderwys plaasvind. Soveel lewenslesse met Christelike waardes word gedeel en oorgedra. Elke leerder leer hom-/haarself verseker beter ken, nuwe maats word gemaak en leierskapvaardighede word met groot pret ontwikkel.