Swem
Algemene inligting
Laerskool Park is bevoorreg om sy eie 25 meter swembad te hê wat aan gala-vereistes voldoen.
Ons filosofie is dat elke Parkie die voorreg moet hê om te leer swem, aan gala’s deel te neem en swemprestasies te behaal.
Tydens die eerste en vierde kwartaal vind swemafrigting plaas. Daar word voorsiening gemaak vir beginners, gevorderdes en swemspanne.
Kontakpersoon vir privaatafrigting van Parkswemmers is Louw-Let Fourie (082 5311325) en Bronwyn McDonald (083 275 2141).
Swemmers wat aan Eden Galas wil deelneem, registreer by Louw-Let Fourie se swemklub, nl. Bubbles and Splashes.
Tydens die laaste kwartaal vind die interhuisgala plaas. Hier word elke Parkie die geleentheid gegee om deel te neem. Die skoolspan word volgens die uitslae saamgestel vir die daaropvolgende jaar. Die span kry geleentheid om aan verskillende galakompetisies deel te neem. Gala’s by Oakhill, Outeniqua, George-Suid en Glenwood House, verskyn gewoonlik op ons jaarprogram.
Die verskillende grade kry ook tydens LO-periodes geleentheid om te swem.
Gr RR en R maak gebruik van die klein swembadjie.