Tennis

Algemene inligting

Tennis is ‘n somersport en vind plaas gedurende die eerste en vierde kwartaal. Senior spelers word opgedeel in groepe wat bestaan uit ‘n graad 5 – 7 oefengroep (beginners), O/11 en O/14 skoolspanne. Junior spelers speel rooibal (graad 1 en 2) en oranjebal (graad 3 en 4).
Junior spanne se spelers word deur afrigters geidentifiseer en kry geleentheid om vriendskaplike wedstryde teen omliggende skole te speel gedurende kwartaal een en vier. Senior skoolspanne word bepaal deur ’n ranglys wat op datum gehou word deur daagwedstryde. Hierdie spanne ding mee teen omliggende skole in liga sowel as vriendskaplike wedstryde. Tydens die eerste kwartaal vind die O/11-liga plaas wat deur die Eden-bestuur gereël word. 0/14 Spanne speel vriendskaplike wedstryde in kwartaal een en liga wedstryde in kwartaal vier.

Ons poog om soveel moontlik spelers die geleentheid te bied om tennis te speel en daarom word die hoeveelheid spanne wat aan wedstryde deelneem bepaal deur die aantal spelers.

Toere en toernooie

Tennis vorm deel van Laerskool Park se jaarlikse Sewes Toernooi. Hierdie toernooi word deur Laerskool Park self aangebied. Besoekende skole neem teen mekaar deel. Hierdie toernooi is definitief ‘n hoogtepunt op Park se kalender!

Laerskool Park neem ook deur die loop van die seisoen aan verskeie toernooie deel. Hierdie toernooie sluit onder andere in die Reef Hudson en Rising Star.

Ons sien jaarliks uit na Swellendam se Oude Post Bistro-toernooi. Die spelers geniet ‘n naweek van goeie kompetisie en word bederf met heerlike roosterkoek.

Eden

Die Eden-bestuur is verantwoordelik vir Eden-proewe. Spelers wat aan die proewe wil deelneem kan aanlyn inskryf by www.sportyhq.com. Eden-proewe vir O/11 tot O/14 vind gewoonlik die eerste naweek in Januarie plaas. O/10 proewe vind in Februarie plaas. Daarna word mini-toernooie gespeel om spelers se plek in die Eden-span te verseker of hul rang te verbeter.

Fasiliteite

Laerskool Park beskik oor twee groenbal en vier rooibal tennisbane. Ons maak ook gebruik van Mosselbaai se dorpsbane wanneer Park in hul massas oefen of aan wedstryde deelneem.

Privaat afrigting

Aangesien tennis ’n gespesialiseerde sport is en ons graag wil hê elke leerder sy/haar volle potensiaal moet bereik, kan leerders ook van privaatafrigting gebruik maak.

* EGRIT – 076 525 9632 (Johan van Vuuren)

Prestasies

Eden-spelers 2021

O/10

Sias Poggenpoel

O/11

Livia Gericke
Alexa Alberts

O/12

Olof Poggenpoel

O/14

Jean Schoeman
Rossouw Gericke
Suzaan le Roux
Mienke Vorster
Suanne Steyn

Olof Poggenpoel het volgens die TSA ranglys gekwalifiseer om aan die Growthpoint Junior Nationals vir seuns O/12 te gaan deelneem.  Slegs die top spelers word hiervoor genader. 

Eden-spelers 2020

O/11

Danicka Bronn
Olof Poggenpoel

O/12

Jean Schoeman
Suanne Steyn
Rossouw Gericke

O/14

Zander Maritz
Luka Otto

Eden-spelers 2019

O/10

Olof Poggenpoel

O/11

Suzaan le Roux
Mienke Vorster
Luka Otto
Rossouw Gericke

O/12

Zander Maritz

O/14

Animie Meyer
Maia Leonard
Johannes Pretorius
Albert Swanepoel
Jan-Ockie Meyer
TJ Vorster
JP le Roux

TJ Vorster en Johannes Pretorius was gekies om aan SA-Nasionaal deel te neem te Bloemfontein.  Uitspele het tydens hierdie geleentheid plaasgevind vir die SA-skolespan wat na die VSA gaan toer.  Net die top spelers word genooi vir hierdie geleentheid waar TJ as nommer twee en Johannes as nommer drie spelers op die Eden-ranglys deelgeneem het.