Toernooie
Park Sewes Toernooi
Laerskool Park bied sedert 1985, jaarliks hierdie gesogde rugby sewestoernooi aan. Dit maak dit beslis een van die oudste Laerskole sewestoernooie in die land.
Hierdie toernooi het sy ontstaan gehad met ‘n paar onderwysers wat die inisiatief geneem het om so ‘n toernooi te begin. Daar neem nou al meer as 30 skole vanuit SWD, Kaap, Oos-Kaap en Vrystaat deel aan hierdie toernooi.
In 1998 word netbal deel van hierdie toernooi en in 2003 ontstaan ‘n gesogde hokkie-program wat deel vorm van die byeenkoms. Vanaf 2019 word tennis ingesluit by die aktiwiteite.
Deur die jare is daar wonderlike vriendskappe en verhoudinge met skole, skoolhoofde en sportbeamptes opgebou. Opregte vriende met ware sportmangees.
Ons opregte dank en waardering aan ons borg, Mosselbaai Wimpy en eienaar,
Mnr. Kobus Potgieter, vir hul ruim bydrae en ondersteuning. U volgehoue betrokkenheid en ondersteuning is van onskatbare waarde.
‘n Spesiale woord van dank aan die personeel van Laerskool Park vir die reuse werk om ‘n puik georganiseerde sportgeleentheid aan te bied.
Die volgende spanne het as wenners uit die stryd getree:
Park Sewes Wenners 2019
Rugby A-Liga
Wenners: Outeniqua
Naaswenners: Gene Louw
Rugby B-Liga
Wenners: Outeniqua
Naaswenners: Diaz
Netbal A-Liga
Wenners: Gene Louw
Naaswenners: Outeniqua
Netbal B-Liga
Wenners: Gene Louw 0/12
Naaswenners: Bellpark
Hokkie Seuns
Wenners: Gene Louw
Naaswenners: Worcester
Hokkie Dogters
Wenners: Hendrik Louw
Naaswenners: Outeniqua
Tennis Seuns
Wenners: Laerskool Park
Naaswenners: Gene Louw
Tennis Dogters
Wenners: Gene Louw
Naaswenners: Laerskool Park
Kannetjiedag
Kannetjiedag, vroeër bekend as Parkietedag, is Laerskool Park se junior netbal- en rugbydag. Tydens hierdie sportdag speel die O/7 tot O/9 seuns en dogters onderskeidelik rugby en netbal.
Hierdie toernooi het sy ontstaan in die middel negentiger jare gehad. Tydens die heel eerste toernooi het al die seuns wat rugby geoefen het, ongeag of hulle wedstryde gespeel het, deelgeneem.
Plaaslike skole het teen ons deelgeneem. Later het skole soos Oudtshoorn-Noord en George-Suid ook deel geword van die toernooi.
Skole speel op ‘n rondomtalie-basis teen mekaar. Skole sovêr as Beaufort-Wes en Worcester neem jaarliks deel aan hierdie toernooi.
Die doel van die dag is om ‘n geleentheid te skep vir die leerders om teen mekaar deel te neem. Sosiale bande tussen kinders en ouers van alle skole word op hierdie manier gesmee.
By Laerskool Park se Kannetjiedag gaan dit oor deelname. Spansport word met groot geesdrif aangepak!
Sporttoere
By Laerskool Park hou ons daarvan om die leerders blootstelling te gee en geleenthede te bied. Ons wil ons leerders holisties ontwikkel en hul kennis verbreed.
Daarom poog ons om elke jaar met die o/13A-sportspanne te gaan toer.
Die mees geskikte tyd is gewoonlik Maart/April. Fondsinsamelings word gehou om die onkostes per kind so laag as moontlik te probeer hou.
Die plekke waarheen Laerskool Park al getoer het, is: Kimberly, Port Elizabeth, Kaapstad, Wellington, Riebeeck Kasteel, Paarl, Craddock, Swellendam en Sun City.