Visie & Missie
Visie
Om deur kwaliteit onderrig en opvoeding die akademiese, fisiese, sosiale, geestelike en kulturele potensiaal van elke leerder maksimaal te ontwikkel.
Missie
- Ons sien ‘n skool met ‘n christelike karakter wat volgens effektiewe besigheidsbeginsels bestuur word.
- Die selfbeeld van elke leerder sal positief ontwikkel word d.m.v. uitnodigende onderwys om elke leerling te laat glo en voel dat hy/sy bekwaam, waardevol en verantwoordelik is.
- Die leerders sal deur die voorbeeld van toegewyde, Christenonderwysers gelei en onderrig word om gesonde sosiale verhoudings te ontwikkel en te handhaaf wat hom/haar aanvaarbaar in die gemeenskap sal maak.
- Die leerders sal deur die aanvaarding van gesag en dissipline in die skool, tuis en in die gemeenskap gelei word tot selfdissipline.
- Die leerders sal aangespoor word tot ‘n positiewe gesindheid en ingesteldheid teenoor sy/haar skool en skoolwerk.
- ‘n Trots sal by elke leerder gekweek en ingeskerp word vir die land en skool se simbole, sy taal en kultuur.
- Deur middel van doeltreffende onderwys sal elke onderwyser help om die effektiwiteit van die skool te verhoog.
- Daar sal voortdurend gestrewe word na groter skakeling met die ouergemeenskap ten einde die ouer-onderwyserverhouding tot voordeel van die kind te verbeter.
- Die ouers sal bewus gemaak word daarvan dat die opvoeding en dissiplinering van kinders in die eerste plek die ouer se verantwoordelikheid is.
- Daar sal voortdurend gestrewe word om by ouers, leerlinge en onderwysers ‘n positiewe gesindheid te kweek t.o.v. hul toekomsverwagtinge.
Leerders se visie
IN LAERSKOOL PARK SAL ELKE LEERDER:
- P – Persoonlike trots ontwikkel.
- A – Aanspreeklikheid en verantwoordelikheid aanvaar vir dade en optrede.
- R – Respek vir myself, ouers, onderwyser en maats hê.
- K– Kind van Christus wees.
- I – Ingestel wees om elke geleentheid te gebruik.
- E – Eerlik wees.
Visie vir die personeel van Laerskool Park
Ek wil my leerlinge leer om:
- wanneer die mense van die wêreld sit, moet hulle staan.
- wanneer die mense van die wêreld staan, moet hulle uitstaan.
- wanneer die mense van die wêreld uitstaan, moet hulle uitstaande wees.
- wanneer die meeste mense van die wêreld uitstaande probeer wees, moet hulle die standaard wees.