Uitmuntende Nasorg

Laerskool Park brei met 'n nasorgsentrum wat tans op die skoolperseel gebou word.

Nuwe nasorgsentrum open 2026

Ons skool bied ’n veilige, liefdevolle en gestruktureerde nasorgdiens vir leerders aan. Hier kry kinders die geleentheid om huiswerk te voltooi onder toesig, gesonde speeltyd te geniet en deel te neem aan kreatiewe en ontspanningsaktiwiteite. Die nasorgdiens skep ’n ondersteunende omgewing waar ouers gemoedsrus kan hê dat hul kinders goed versorg en gelukkig is ná skoolure.

Betaling

  • Maandeliks – R900 per leerder. Gelde betaalbaar oor 10 maande en eerste paaiement teen 31 Januarie 2026. Gelde kan ook kwartaalliks (R2 250) of jaarliks (R9 000) betaal word.
  • Vakansie nasorg beskikbaar teen R60 per halfdag (7:30-12:30) en R120 per voldag (7:30-17:30) vooruitbetaalbaar. 
  • Gelde is stiptelik vooruitbetaalbaar voor die 5de van elke maand. Leerders wie se nasorgrekenings agterstallig is, sal nie toegelaat word nie.
  • Indien ‘n leerder nie meer van die nasorgsentrum gebruik gaan maak nie moet ouers ten minste een maand skriftelik kennis gee. Indien kennis nie gegee word nie sal ouers steeds vir die nasorgrekening verantwoordelik gehou word.