Uitmuntende Akademie

By Laerskool Park bied ons ‘n gebalanseerde en holistiese akademiese program, gesentreer rondom Christelike waardes.

Pikkewouters Graad R & RR

Speel-gebaseerde leer bou kinders se selfvertroue en berei hulle op ‘n natuurlike manier voor vir formele onderrig. ‘n Warm en stimulerende omgewing help elke kind om sy/haar volle potensiaal te bereik.

Grondslagfase Graad 1-3

Ons skep ‘n veilige, kleingroep-leeromgewing waar nuuskierigheid en ‘n liefde vir leer aangemoedig word. Onderwysers met ‘n passie vir onderwys verseker dat elke leerder akademies en persoonlik floreer.

Intermediêre & Seniorfase Graad 4-7

Vakonderwys bied leerders die geleentheid om deur gespesialiseerde onderrig in tale, wiskunde, wetenskappe en meer, akademiese uitnemendheid te bereik. Ons moedig kritiese denke, kreatiwiteit en selfvertroue aan deur projekte, kompetisies en praktiese leerervarings.

Hulpbronklas

Vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes bied ons ‘n ondersteunende leeromgewing, waar individueel-aangepaste onderrig en praktiese vaardighede hulle ontwikkeling bevorder.

Laerskool Park bou met trots aan ‘n toekoms waar elke kind se potensiaal ten volle ontgin word!