Gerieflike Karavaanpark

Ideale Wegbreekplek!

Kom geniet ‘n onvergeetlike Desembervakansie by Laerskool Park Karavaanpark in Mosselbaai! Die Karavaanpark bied lekker groot staanplekke (8mX9m) met ʼn kragpunt met ‘n gewone 3-punt prop.

Ons netjiese ablusieblokke het storte en baddens met warm en koue water. Daar is ook ʼn kombuisarea vir die opwas van skottelgoed. Die heerlike groot swembad en tennisbane is ook daar vir u gebruik.