Verpligte Kleredrag
Somersdrag
Dogters
- Blou skoolrok met wit skoolsokkies
- Donkerblou skooltrui of oortrektrui (“Pullover”)
- Skoolreënbaadjie
- Swart skoolskoene
- Graad 1-3 leerders mag in die somer kaalvoet skool toe kom.
Wintersdrag
Dogters
- Blou skoolrok met lang, blou kouse of donkerblou sykouse
- Donkerblou skooltrui of oortrektrui (“Pullover”)
- Grys langbroek met wit skoolsokkies
- Wit skoolhemp
- Skoolreënbaadjie
- Swart skoolskoene
Sportdrag
- Sportklere word deur die skool voorsien.
- Dit kan gedra word met ‘n meegaande donkerblou skoolsweetpakbroek en skoolreënbaadjie met oorwegend wit tekkies.
Sien Waar om te koop
Nuwe skool- en sportdrag, spesifiek vir Laerskool Park, is te koop by die volgende winkels in die dorp. Die basiese skoolklere is ook beskikbaar by ander sakeondernemings.
Klerebank
Die skool se klerebank is ‘n projek van die OOV waar goeie 2de handse skoolklere aangehou word. Die klerebank beskik oor goeie kwaliteit tweedehandse klere, teen bekostigbare pryse.
Die klerebank is oop op Woensdae vanaf 12:45 tot 13:45.
Enige donasies van skoolklere is baie welkom.
Die volgende items is beskikbaar by die kantoor
- Park swempet R60
- 100% Parkie balkie R20 (Slegs Grondslagfase)