Trots op ons Sport
By Laerskool Park streef ons daarna om ‘n omgewing te skep waar elke leerder ‘n sportsoort kan vind waarin hulle hul passie en potensiaal kan uitleef!
Atletiek
Rugby
Netbal
Netbal by Laerskool Park dra by tot die holistiese ontwikkeling van ons dogters deur fiksheid, balvaardighede, hand-oog koördinasie en liggaamsbeheer te bevorder. Ons spanne neem gereeld aan liga-wedstryde en toernooie deel. Park se afrigters is goed opgelei en bied kwaliteitsafrigting om spelers optimaal voor te berei vir kompetisie.
Hokkie
Hokkie is ‘n gewilde sport vir beide seuns en dogters, met mini-hokkie vanaf O/7 en senior hokkie vir o.11 en o.13. Ons spelers neem deel aan feestoernooie en ligawedstryde en oefen gereeld onder bekwame afrigters. Ons doelwit is om leerders se tegniese vaardighede te verbeter en ‘n liefde vir die sport te kweek.
Tennis
Tennis is ‘n somersport waar spelers van alle vaardigheidsvlakke kan deelneem. Ons bied afrigting vir beide juniors (Rooibal en Oranjebal) en seniors (O/11 en O/14). Leerders neem deel aan ligawedstryde, vriendskaplike wedstryde en ‘n verskeidenheid van toernooie. Privaatafrigting is ook beskikbaar vir spelers wat hul spel wil verbeter.
Krieket
Krieket is ‘n passievolle sport by Laerskool Park, waar ons leerders van mini-krieket (O/7 – O/9) tot senior krieket (O/11 en O/13) ondersteun. Ons fokus op basiese en gevorderde tegnieke soos kolfwerk, boulwerk en veldwerk. Deurlopende afrigting en wedstryde dra by tot goeie vaardigheidsontwikkeling.
Swem
Ons is trots op ons 25-meter swembad, waar leerders van alle vlakke afrigting ontvang. Swem vind plaas in die eerste en vierde kwartaal en bied oefeninge vir beginners, gevorderdes en ons skoolspan. Deelname aan gala’s, insluitend die interhuisgala en Eden Galas, word aangemoedig. Privaatafrigting is beskikbaar vir leerders wat hul tegniek verder wil ontwikkel.
Skaak
Skaak is ‘n intellektuele sport wat help om kritiese denke, konsentrasie en probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel. Gereelde oefensessies help spelers om hul spel te verbeter en selfvertroue op te bou. Skaak moedig geduld, analitiese denke en kreatiwiteit aan, wat tot akademiese prestasie bydra.