Vaardighede in Musiek

By Laerskool Park kweek ons ‘n liefde vir kultuur deur musiek, wat leerders help om selfvertroue, selfdissipline en deursettingsvermoë te ontwikkel.

Blokfluit-klasmusiek

Leerders van Graad 2 tot 5 word blootgestel aan basiese musiekvaardighede deur ons blokfluitprogram. Met ‘n unieke karate-geïnspireerde metode verdien leerders “gordels” namate hulle vorder. Gevorderde groepe kry die geleentheid om aan Eisteddfods en ander skoolgeleenthede deel te neem.

Individuele Musiekonderrig

Ons bied lesse in verskeie instrumente, insluitend klavier, blokfluit, kitaar, dwarsfluit, viool, tjello, koperblaasinstrumente, perkussie, ukelele en sang.

Musiekfooie

Navrae