Ondersteun Klub 100
Elke kind benodig bystand, hoop, en iemand wat in hulle glo!

Klub 100 is amptelik gestig in 2023 om sport te bevorder vir Parkleerders.
Die klub bied ondersteuning aan alle leerders om soveel moontlike blootstelling te kry en om professionele en kwaliteit afrigting aan leerders te bied.
Verskeie spoggeleenthede word ook deur die jaar gehou om die fonds verder te versterk.
Ons moedig alle ouers en oud-leerders aan om deel te word van Klub 100 deur die lidmaatskapvorm te voltooi en terug te versend na die e-pos adres op die vorm.